Besproeiing van Sitrus – ‘n Praktiese benadering – 26 / 27 Okt 2022 – Patensie (Afrikaans)

Oct 4, 2022

Kursus Opsomming:

Water is ‘n waardevolle en skaars hulpbron en meer en meer druk sal in die toekoms  op produsente geplaas word om meer presies te wees in die gebruik van water en voedingstowwe. Deesdae word die meeste voedingstowwe deur die besproeiingstelsel toegedien en indien die besproeiingtoediening nie optimaal is nie sal die voedingstof toediening ook nie optimaal wees nie.

Hierdie kursus fokus op die effektiewe bestuur van grondvog. Sluit by ons aan om weer die basiese beginsels in besproeiing-skedulering te bespreek en om by ‘n eenvoudige antwoord uit te kom oor wanneer en hoeveel besproeiing toegedien moet word. Leiding word aangebied in die beplanning en aanpassing van ‘n besproeiingstrategie waar nodig.